
Hoërskool Vereeniging bied, in samewerking met Agri Gauteng, vanaf begin 2011 landbou as vakrigting aan dit vorm deel van 'n nuwe Landbou-Akademie. Toestemming is reeds van die Gauteng Onderwys Departement verkry vir hierdie nuwe uitbreiding van die bestaande studierigtings wat by die skool aangebied word. Hoërskool Vereeniging, met sy trotse akademiese rekord, is by uitnemendheid geskik om hierdie Landbou-Akademie in die Vaaldriehoek te vestig. 'n Trust is daargestel om die Skool by te staan met die befondsing van die Akademie.



Landbou ontwikkel kennis, vaardighede, verwantskappe en waardesisteme benodig in die verbouing en prosessering van voedsel, en die versorging van plante. Bestuursaspekte word ontwikkel wat nodig is vir volhoubare landbou in Suid Afrika |


Moontlike beroepe: Onder meer Landboubestuur; Boerdery; Natuurbewaring; Bosbou; Omgewingsbestuur; Voedelverwerking; Landbouingeneurswese; Tuinboukunde; Onderwysopleiding; Kunsmis- en Saadbedrywe. |


